Mnr & Mej CTU Pretoria

Mnr & Mej CTU Pretoria

By CTU Training Solutions · May 23, 2017 9:23 am

CTU Training Solutions in Pretoria is ’n private instituut wat in Menlyn, Pretoria geleë is. Elke jaar hou dié onderneming ’n spoggeleentheid, die Mnr. en Mej. CTU Pretoria, as fondsinsameling vir die Transoranje Skool vir die Dowes.

Vanjaar se byeenkoms vind op 7 Junie, by die Pierneef Teater plaas. Die tema is “Back to the 80’s” wat as terugblik dien op CTU se 30 jaar in die bedryf. Nege paartjies sal tydens dié geleentheid kompeteer om met die gesogte titels as Mnr. en Mej. CTU Pretoria weg te stap. Elk van dié 18 finaliste sal in drie kategorieë, naamlik tematiese, formele en gemaklike drag, kompeteer waarna die wenners onder die mans en vroue aangekondig sal word.

Deur hierdie jaarlikse instelling hoop CTU Pretoria om die boodskap oor te dra dat uiterlike skoonheid niks sonder innerlike skoonheid is nie.

Share this article